op weg na ku [AFRIKAANS]
£14.99
In stock
op weg na ku [AFRIKAANS] is available to buy in increments of 1
Details
op weg na kû is in vele opsigte 'n gesamtkunstwerk, soortgelyk aan Katalekte in 2012. Die gedigte word begelei deur 'n verskeidenheid foto's, hetsy van landskappe of van Breyten se eie en ook ander kunstenaars se skilderye. Die manuskrip bevat 'n rykdom bepeinsings, gedagtes, digterlike hoogtepunte en kort-kortverhale, en eindelik word die teks meer as die somtotaal van vers en beeld.
In die woorde van Andries Visagie: "Dit word 'n sintese van artistieke talent sonder weerga. Al die elemente in Breytenbach se literêre arsenaal - die voëls, die honde, die maan, die liefde, ballingskap, die metapoëtiese nadenke oor die woord en skryf - is hier aanwesig. Opnuut kan 'n mens net in verbystering staan oor die oorweldigende digterlike idiolek wat die skrywer ontwikkel het."